Nou ja, dis al amper 6uur en ek moet gereed maak vir my een uur joppie teen sewe!
Die mooie poppie is ook aan die optooi vir haar werkie, ook een uur.
More het ek nog 2 ure om te werk voordat ek teen 2.30 bietjie wil kyk of die Vrystaat die fokken Kiwis gaan laat les opseg!
Sondag dalk ook paar uurtjies.
Die vakansie was laaank, sedert Oktober om presies te wees, en ek swaai al krakend in aksie soos 'n geroeste deur.
Moet maar nou vasbyt tot so einde April, dan na die beste jol in die wêreld, dis nou die Filippynse Eilande toe ... ai, dis meer as een maand se vasbyt!
Gelukkig het ek my eige Filippynse pragtige poppie hier om dinge draaglik te make.
My indrukke van die pragtige nuwe SA sal ek wel hier ten toon stel een of anner tyd, al het sekere mense my ook maar die koue skouer toegevoeg ... Naomi bv, maar sy wou seker nie skuins na middagete beginte gooi hettie...
Francois Williams

