Aandag alle liefhebbers van tale

  • 2

Die welstand van ’n taal word nie gemeet aan die feit dat jy nog steeds die opsie van Afrikaans by die OTM geniet nie. Die taal triomfeer nog minder deur ’n hardegat aandrang om in jou moedertaal aangespreek te word om elke hoek en draai van ’n land met elf amptelike tale nie. Die welstand van ’n taal word onder andere weerspieël in die skandelike feit dat die digkuns in sommige gevalle slegs ’n oplaag van 800 geniet. In ander, soos Engels, selfs so min soos 200. ’n Taal leef en sterf op die boekrak. Aanpasbaarheid, daardie swaar las van vooruitgang, lê by die woekeraar van die woord.

Kyk ’n b-bietjie hierna:

“kyk ons sal die kadawers van ons wysheid
oorlaat aan die alleswetendheid van wurms
en met die een goeie oog ’n laaste keer korrel
deur die trapdeur se sleutelgat
af in die kelder van ewigheid”

In watter ander taal kan jy die vrou besoek en woorde se lot bekla en, alles in een asem? Gee enigiemand twee tiete se tiekies om of is almal blikmelkkinders? Afrikaans is nie uit die pens gesny nie. Afrikaans het deur die bekken van ’n boerin gebeur. En sy lewe (En asb geen eng interpretasies van boerin sal geduld word nie).

Die letterkunde is nie bloot ’n kennis van die alfabet nie. Die letterkunde dwing meer as die twee derdes vark in respek af. Wat die vloei van kreatiwiteit betref is die letterkunde die oog in die berg. Daar is die Homo suipens suipens wat teelepel vir teelepel dronk word van die bessiebrousel van die boom met sy wortels in die oog se water en dan is daar die wat die einste boom se nektar ontgin. Maar vandag is nie die dag wat ek in onkunde mede geblikte boekwurms se rugstringe wil smelt met behulp van weerligstrale nie. Of slimmighede ophaal soos: in die klipvelde wag die ystervark-huernia op ’n brommer. Of verder op voorskriftelike wyse vlieglinte aan dakbalke heg:

van al die kak mag jy eet
maar van die keur uit die kontrei
mag jy niks eet nie
anders is jy in jou kanon in-

Nee! Vandag skryf ek ’n brief waarop Oupa trots sou wees want as woorde se wiele afkom moveer die wrakke in die volksmond. En dit is my brief, aan my Oupa ook, tot die beste van my vermoëns. Hy sou dit seker nie anders wou gehad het nie. En die teerhout hoor my want so pakslae sal ek nooit in my lewe vergeet nie. Vergewe het ek hom lankal. Die lewe is ’n soetdoring Oupa. Met die stam geskaad genees die gom die kwaad.

So, sogenaamde vriende, slegs een van julle het tot op hede bevestig dat julle ’n eksemplaar van Tafelberg se Nuwe Stemme 5 sal waardeer. Sies! Hierdie bundel is 30 Mei op die rakke. Dit gee julle bietjie meer as twee maande om ’n skamele R175 (geskatte koste) bymekaar te skraap.

PS. Voortaan is my dienste as amptelike digter beskikbaar teen R200 ’n woord (elkeen is seker geregtig op sy/haar tarief of hoe?) vir die volgende:

Begrafnisbriewe, epitawe, liefdesverklarings, seepkispraatjies vir skoolkinders en alle ander dergelike orasies. Asook enige oppervlakkige verewiging van individue of instansies wat bereid is om afstand te doen van hulle siel as betaling.

PSS. Plus enige doelbewuste pleging van spelfoute of aweregse kreasies met nodige vrywarings.

PSST. Asseblief en dankie. (Lag nou)

  • 2

Kommentaar

  • Dankie vir die aanbod, maar nee dankie! As ek so kyk na die twak wat jy skryf, dan sukkel ek maar liewer op my eentjie voort.

    So terloops, ek het amper al die digbundels op my boekrak waaraan jy kan dink, en nog 'n terloops, ek vra nie of ek iets kan koop nie, ek koop dit.
     
    Nog 'n derde terloops: as 'n taal se voortbestaan moet afhang van sy letterkunde, dan vrek hy soos Latyns.
  • Adriaan Coetzee

    Aandag alle liefhebbers van tale

    Die welstand van ’n taal word nie gemeet aan die feit dat jy nog steeds die opsie van Afrikaans by die OTM geniet nie. Die taal triomfeer nog minder deur ’n hardegat aandrang om in jou moedertaal aangespreek te word om elke hoek en draai van ’n land met elf amptelike tale nie. Die welstand van ’n taal word onder andere weerspieël in die skandelike feit dat die digkuns in sommige gevalle slegs ’n oplaag van 800 geniet. In ander, soos Engels, selfs so min soos 200. ’n Taal leef en sterf op die boekrak. Aanpasbaarheid, daardie swaar las van vooruitgang, lê by die woekeraar van die woord.

    Kyk ’n b-bietjie hierna: “ kyk ons sal die kadawers van ons wysheid oorlaat aan die alleswetendheid van wurms en met die een goeie oog ’n laaste keer korrel deur die trapdeur se sleutelgat af in die kelder van ewigheid”   

    In watter ander taal kan jy die vrou beken en woorde se lot bekla en, alles in een asem? Gee enigiemand twee tiete se tiekies om of is almal blikmelkkinders? Afrikaans is nie uit die pens gesny nie. Afrikaans het deur die bekken van ’n boerin gebeur. En sy lewe (En asb. geen eng interpretasies van boerin sal geduld word nie)

    Die letterkunde is nie bloot ’n kennis van die alfabet nie. Die letterkunde dwing meer as die twee derdes vark in respek af. Wat die vloei van kreatiwiteit betref is die letterkunde die oog in die berg. Daar is die Homo suipens suipens wat teelepel vir teelepel dronk word van die bessiebrousel van die boom met sy wortels in die oog se water en dan is daar die wat die einste boom se nektar ontgin. Maar vandag is nie die dag wat ek in onkunde mede geblikte boekwurms se rugstringe wil smelt met behulp van weerligstrale nie. Of slimmighede ophaal soos: in die klipvelde wag die ystervark-huernia op ’n brommer. Of verder op voorskriftelike wyse vlieglinte aan dakbalke heg: van al die kak mag jy eet maar van die keur uit die kontrei mag jy niks eet nie anders is jy in jou kanon in-  

    Nee! Vandag skryf ek ’n brief waarop Oupa trots sou wees want as woorde se wiele afkom moveer die wrakke in die volksmond. En dit is my brief, aan my oupa ook, tot die beste van my vermoëns. Hy sou dit seker nie anders wou gehad het nie. En die teerhout hoor my want so pakslae sal ek nooit in my lewe vergeet nie. Vergewe het ek hom lankal. Die lewe is ’n soetdoring, Oupa. Met die stam geskaad genees die gom die kwaad. So, sogenaamde vriende, slegs een van julle het tot op hede bevestig dat julle ’n eksemplaar van Tafelberg se Nuwe Stemme 5 sal waardeer.

    Sies! Hierdie bundel is 30 Mei op die rakke. Dit gee julle bietjie meer as twee maande om ’n skamele R175 (geskatte koste) bymekaar te skraap.

    PS. Voortaan is my dienste as amptelike digter beskikbaar teen R200 ’n woord (elkeen is seker geregtig op sy/haar tarief of hoe?) vir die volgende: Begrafnisbriewe, epitawe, liefdesverklarings, seepkispraatjies vir skoolkinders en alle ander dergelike orasies. Asook enige oppervlakkige verewiging van individue of instansies wat bereid is om afstand te doen van hulle siel as betaling.

    PSS. Plus enige doelbewuste pleging van spelfoute of aweregse kreasies met nodige vrywarings.

    PSST. Asseblief en dankie. (Lag nou)

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top