Hello,
‘n Blaaskans weg van Camus, Kafka, Lincoln en die teleurstelling van Suid-Afrikaanse politiek. Die verskynsel moes al waargeneem gewees het. In die Gautrein sien ek dit gereeld, 50 Shades of Grey en ook so op die vliegtuig wanneer ek gaan kuier. Dit is natuurlik onmoontlik om met die leser daaroor te praat, die risiko is te groot dat jy gaan oorkom as pervers. Dus word jy maar met eie gedagtes gelaat en wonder jy, weet die leser hoeveel van die ander op trein weet dat sy en soms hy, meestal sy, nou besig is met die sagtes van pornografie.
Maar natuurlik is dit nie pornografie nie sou daar verdedig word, maar is wel grafies genoeg. Die minimum van verbeelding word benodig om met Christian Grey se “willy wonka” in die bad kennis te maak vir beide my en Anastasia. Hoe weet ek dit?
‘n Vriendin vra my het ek al die boek gelees?
Synde meer ‘n Henry James tipe leser as ‘n EL James moet ek toe erken, nee ek het nie, en haar reaksie, wie sou Henry wees, broer en suster seg sy. Die laat ek maar daar en lees toe die boek die Sondag wat verby is.
Vir die wat dit nog nie gelees het, Anastasia word gestuur om ‘n onderhoud Christian te gaan voer. Die doen sy en hy slaan die haar voete onder haar uit. Holy Crap so vinnig?
Sy will ook weet of Grey, gay is, nee hy is nie. Geen Gray gay nie.
Dit is ‘n onderhoud met stampe en stote, metafories gesproke en altwee is duidelik is bedoel vir mekaar, maar die sal eers oor ‘n trilogie uitspeel. Die maagd ontmoet die ou met die kettings en swepe, maar hy is aantreklik, veral in wanneer in die sonlig gebaai sit en so weerloos oorkom. Maar hy is ‘n goeie persoon.
Hoe sal die leser die weet. Dit word openbaar in die onderhoud met Grey se insette om hongersnood die hoof te bied.
Anastasia, is ‘n student, en daarom werk sy die Saterdag in die hardewarewinkel, sien hardeware? En wie daag op, niemand anders as Christian nie, op soek na “masking tape”.
“Nudge nudge wink wink”.
Maar laat dit staan, die bad moet nog kom.
Dinge tel spoed op en die twee eindig op in die bed en toe die bad en daarna verdiep die storielyn. Anastasia ondermeer kry ‘n A vir mondeling.
Daar is papierwerk wat gedoen moet word en kom die kontrakte uit, die tussen “submissive & dominant”.
Wie kan die Dick Tracy vergeet en Madonna se “hanky panky, why don’t you spank me”
Wel hy doen en dit is seer en ook so in die hart.
Anastasia is ‘n “good sport” en probeer alles ten minste een keer, maar haar hart is nie werklik in Grey se “red chamber of pain” nie, maar wel met hom die is nie te betwyfel nie.
Sy laat spaander wel aan die end. “Reader I did not marry him, not yet anyway”
Wat sou Jane Austen hiervan gedink het?
Maar dit is net boek een. Twee en drie die moet ek nog lees en sal so doen die naweke wat kom.
Ek het die boek geniet in ‘n sekere mate want hul ernstigheid is so snaaks, maar sal sekerlik nooit weer terugkeer na die boeke nie.
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
Hi Wouter, jy kan seker beter as dit doen. Wat was die doel van die skrywe?
Tong in kies - net nou en dan, en dit dit gebeur baie min, lees ek nie-ernstige goed of kyk 'n 'simple film', maar dit gebeur amper nooit. Hierdie was die eerste keer weer in jare ...