SELFMOORD

Foto: Canva
Ek het ’n houer pille geword
ek’t selfmoord try pleeg
en die goed god kan toe nie my gebede
stil maak nie
die ink van my pen het daai dag op-
geraak
daar bly net ’n dop
en tyd maak nie wonde gesond nie
dit help net met bietjie vergeet
die pen bly leeg
geen winkel kan aan my
verkoop
wat ek verloor het nie
en geen bedrag geld kan
my storie aanhou nie

