Selfde-geslag-huwelikke is logies, intelligent en konsekwent

  • 2

Stem saam met Jaco: President Obama vir nog ’n termyn!

Obama is gebore uit beide ’n veelrassige, sowel as bigame huwelik.

President Obama se goeie moeder was wit en van Europese afkoms, en die pa-lose Obama se swart Afrika-vader was met vele vroue getroud tergelykertyd. 

Vir President Obama om monogame selfde-geslag-huwelike - wat kinders kan aanneem en opvoed as beide ouers na die kind kyk - teen te staan, sou waansinnig wees.

President Obama is logies, intelligent en konsekwent in sy persoonlike ondersteuning van selfde-geslag-huwelike. 

Selfde-geslag-huwelike is nie rasvermenging nie, en vir ouers van selfde-geslag-huwelike om kinders aan te neem, moet hulle hulle beide verbind tot die opvoed van die kind. Dubbelouerkinders is meer bevoorreg as enkelouerkinders, so het President Obama ook al getuig.

President Obama het ook al baie woorde geskryf oor sy identiteitskrisis weens sy verskillende ouers. Aangenome kinders van enkel-geslag-ouers behoort nie so ’n probleem te hê nie.

Ran Doodt

 

 

  • 2

Kommentaar

  • Hmm,

    ek is uit my liga met die een.

    Ek bepeins Obama se herverkiesing gebaseer op wat hy sê oor die komende konfrontasie met Iran en sulke dergelike ou dingetjies.

    Skoon vergeet dat die homoseksualiste 'n baie groter prentjie sien.

    Nou-ja, so leer mens elke dag iets nuut.

    Duitswester

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top