Seksuele uitbuiting – Dirk D

  • 0

Beste Dirk

“Seksuele uitbuiting”. In die konteks wat jy die twee woorde gebruik lees ek daarin dat dit die seksuele misbruik van ’n situasie is tot een se voordeel en ’n ander se nadeel of onvermoë.

Wel elkeen tot sy eie gevolgtrekking. Vir my was dit ’n suiwer besigheidstransaksie. Die persoon het iets gehad wat ek van hom wou gehad het en wat hy self ongevraagd aangebied het om te verkoop, en ek het iets wat hy van my wou gehad het, nl betaling. Inteendeel hy was bereid om heel minder te aanvaar, en uiteindelik het ek hom sy oorspronklike aanbod van R200 betaal. Toe hy oorspronklik gebedel het, sonder sy daaropvolgende aanbod, sou ek miskien ’n bedelaar-donasie van maksimum R20 gegee het.

Die gemiddelde persoon wat op ’n bank by die seefront sit, sou hom heer waarskynlik kru weggejaag het. Die jong man het vooraf gesien ek sit op die bank, en sommer geweet waaroor dit gaan, dus die dat hy my genader het. Ek dink hy was uit die veld geslaan toe ek hom sê hy moet eerder sy lyf verkoop als om te bedel

Jy kry die man jammer omrede volgens jou, hy “uit desperaatheid sy/haar lyf moet verkoop”. Die man was omtrent 25 fris en gesond gebou met pragtige “ripple”-spiere, hoegenaamd nie uitgehonger voorgekom nie, anders sou sy voorkoms my geensins seksueel geprikkel het nie. Met VIGS in omloop, sou ek enige maer of uitgehongerde voorkoms ’n definitiewe “miss” gegee het. Inteendeel. Die man se aksies in die bed het geskreeu van baie ondervinding, plus het hy homself ooglopend gate daarin verlustig.

My ondervinding van mense wat woorde soos: “maak ’n las”, gebruik, is gewoonlik “dagga-Piete, nie genuine “boemelaars” is nie. Hy het hoegenaamd geen sin vir simpatie in sy rol als boemelaar by my aangewakker nie, en glo dit of nie, indien ek oortuig is iemand is behoeftig, sal ek die eerste wees om tot hulp te snel binne my vermoëns.

Nee. Ek is hoegenaamd nie spyt nie. Bied die geleentheid homself weer aan, sal ek nie aarsel om weer van die geleentheid gebruik te maak nie. Inteendeel wanneer ek myself weer in Amanzimtoti bevind, hoop ek om hom raak te loop vir dieselfde redes.

Jy sluit af met: “Niemand is verplig om ander se briewe te lees nie, maar dit gaan ook oor die beeld van hierdie forum. Dis vir ordentlike mense.”

Ooglopend is ek in jou oë nie ’n ordentlike persoon nie. Ek voel vere. Ek skryf op hierdie forum hoegenaamd nie om populariteit te probeer bekom nie, maar om sekere valshede; geveinsdhede; miskonsepsies; en pleinweg ook preutse mense wat in ontkenning van die lewe daarbuite beskerm wil wees, vanuit hulle gemaksone te ruk en te skok.

Groete

Jaco Fourie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top