Seisoene van Sabbatte

  • 2

Ses dae is jy ʼn klerk
Die sewende lê jy knus
Ses dae hou jy jou sterk
Die sewende is jy geblus

Na die koue seisoen
Maak die lente alles groen
Dan baljaar ons in die son
Voor herfs rustyd laat kom

Selfs die dae is so verdeel
Sestien ure is dit dag
Agt ure is dit nag
Tyd vir werk, rus en speel

So reis mens en natuur
Op vleuels van dag en uur
Oor piek, ravyn en trog
Soos pelgrims op ʼn tog

Is ons op ʼn vreemde vaart
Die weg bekend dog ongekaart
Want rus jy êrens langs die pad
Besef jy dis na jouself wat die pad jou vat

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top