"Seisoene Van My Hart" deur Wesley Conradie

  • 0

Seisoene Van My Hart

Elke dagbreek het ? sonsopkoms
die agtergrond waarteen ons harte wakker word
in ? kaleidoskoop van kleur beverf
Lente, somer, winter, herfs, vars uit die natuur gekerf
Jou glimlag is maar net een van die seisoene van jou mond
Jou gil, jou lag, jou sing, jou praat en die prentjie is mooi afgerond

REFREIN:
Jy is die lente in my lag
Die somer in my mooiste dag
Jy is die herfs in my hart
Die winter in my donkerste nag
Die seisoene van my lewe draai om jou
En ek dans saam, want ek is lief vir jou

Elke sonsondergang is die agtergrond waarteen ons harte dans
soos die wind die golwe teen die rotse slaan
Vanaand is dit net ek en jy wat bestaan
Die sterre en die maan vang ons vas in ? fotoraam
Jou glimlag is maar net een van die seisoene van jou gesig
Jou oë, jou neus, jou wange, jou mond, lyk so oulik in die maanlig

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top