Seerkry maak seer
Jy is wonderlik,
Tog te vrolik.
’n Skadu druis oor my,
Sonder jou is dit nag.
My keuses was verspot,
Nou wat ouderdom aan my hang.
Hoe kon dit wees?
Daar is te veel van jul,
Maar te min van my.
’n Gebrek aan ektoplasma,
’n Oormaat van spookstories.
Ek sien jou staar,
Gaar gestaar.
Ek tree na jou,
Hande versprei,
Soos arendvlerke.
Toe ek gryp,
Het jy reg deur gesluip.
Daar is te veel van jul,
Maar te min van my.
’n Gebrek aan ektoplasma,
’n Oormaat van spookstories.
Wat het ek bereik?
Al die selfverwyt?
Als wat ek voel.
Vas aan my gebrand.
Ek is betas met smart.
Jou hande trek my uit,
’n Rivier van dood.
Red my uit die sinielheid.
’n Warmte van kadawers,
So die lewe van vreugde.
Wat jy aan my gee.
Is dié van ’n feë.
Daar is te veel van jul,
Maar te min van my.
’n Gebrek aan ektoplasma,
’n Oormaat van spookstories.
Ek sit nou hier,
Hier op my knieë.
Ek kyk op na jou en smeek.
Seerkry maak seer,
Van bid is ek bleek.
Daar is te veel van jul,
Maar te min van my.
’n Gebrek aan ektoplasma,
’n Oormaat van spookstories.
Seerkry maak seer.
Daar is te veel van jul,
Maar te min van my.
’n Gebrek aan ektoplasma,
’n Oormaat van spookstories.
Meervoude in antwoorde.
Intensiwiteit in emosies.
Selfvertroue is verlore.
Harsings hard getorring.
Antiklimaks van my lewe.
Rehablitasie laat my bewe.
Eksentries deur jou gelaat.
Daar is te veel van jul,
Maar te min van my.
’n Gebrek aan ektoplasma,
’n Oormaat van spookstories.
Net vir jou,
Wil ek vas hou.
Ek is lief vir jou.
![]() |



