Seeboot vol liefde
Op ’n seeboot vol liefde
vaar ons oor die oseaan
Ek troos jou met woorde
vee uit jou oog nog ’n traan
Op ’n seeboot vol liefde
vaar ons deur wêreldse seer
Ek beskerm jou teen winde
hou jou liefies vas, so teer
REFREIN:
Ons reis op ’n seeboot vol liefde
’n Seeboot vol soet en suur
Aan die einde van die dag
op ons seeboot van krag
lê ek op jou kussing
in ons seeboot vol liefde
in ons seeboot vol liefde
’n bloedrooi angelier
Op ’n seeboot vol liefde
vaar ons heel die wêreld in
Daar is niemand wat jou
emmers vol liefde kan bemin
REFREIN
Op ’n seeboot vol liefde
vaar ons oor die oseaan
Ek troos jou met woorde
vee uit jou oog nog ’n traan
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


