Screensave

  • 0

Ek wil jou screensave.
Die beeld van jou in
my archive hou.

Deur jou gedagtes kuber
en alles lees.

Jy is 'n virus terwyl
ek net 'n dweepsiek poet 
op 'n WordPress page kan wees.

Wil jou vir my hou,
al die onsekerheid
met my vingers
uitwis ...

Op 'n nuwe bladsy oor begin.

Stroom-
               af
                    s  c   r   o  l  l
sonder firewalls en
handhelds om die
feite mee te organiseer.

Vreesloos, hoopvol
in jou asem verdwyn.
Jou indrink soos musiek.

In jou  hande die programme
se sleutels skryf.

My oë se soekenjin
wil jou wys ...
al die binnekamers
die donker, die grys

net voor ons in die tegnologie
van dinge tussen kodewoorde
en skakels verdwyn,
jou vir my screensave,
met warm lippe teen
die agtergrond verdwyn.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top