Schinus molle

  • 1

Schinus molle

my ouma
is ’n peperboom
wat maklik groei
sy kom voor
in dor streke
sy het wilgeragtige
neerhangende
veervormige
saamgestelde
oop arms
en ’n ou huis
waar almal
wat haar ken
nes maak
en koelte vind
in die dor streke
van hul lewens

my ouma
is ’n bedreigde spesie

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top