Sandkiaat kandelaar

  • 1

Fotobron: Canva

Sandkiaat kandelaar
(Geïnspireer deur Ingrid Jonker se "Bitterbessie dagbreek")

Helderlig-druppeltjieblou
jou stilte om my vingers gevou
skiet my uit jou sonsopkoms,
bittersoet-vryevoet

donkeroë-donkerkind
droom-droom in die wildste wind
sandkiaat kandelaar
op soek na ’n hart se snaar

katjievoet-katjiepiering groet
in ons is ons ’n koffiepotson
kom ek hou die vlam
vir die aansitsigaret, vir die opofferings in jou bed

helderlig-druppeltjieblou
donkerdroom-donkernag
soek my hier, soek my daar
bittersoet-bitterstil soos ’n sandkiaat kandelaar

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top