sandbank

  • 0

ek het nie gedink
daar was nog trane
nog damwalle
wat kon ingee en breek nie

dié ondervoete van my
so déúrgeloop al
sukkel-sukkel
toe dit (alweer) sand tref

en ek gee opnuut
- met rente –
’n stewige sommetjie aan
Die Bank van Sand Onder Onseker Voete

en hoop – knyp my vingers
dat dit na dié keer
genoeg is
for life

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top