Sal ons paaie weer kruis
Die lig van die maan val so saggies
by my kamervenster in
Terwyl ek rondrol in die bed vir ure
met my gedagtes wat met my uithardloop teen die mure
Sal jy my nog kan onthou
of sal ek vir jou soos ? vreemdeling lyk?
Net nog ? gesig langs die lang stofpad
Ek maak my oë toe om te slaap maar net voor ek wegraak
sien ek jou gesig weer in die donker
Ek l? en wonder voel jy dieselfde?
Staar jy ook na die maan en wens ek was by jou?
(S? my waar is jy nou?)
KOOR:
Sal ons paaie weer eendag kruis?
Sal jy my nog kan onthou?
Of sal ek vir jou soos ? vreemdeling lyk
Maar net nog ? gesig langs die straat
Waar is jy nou en dink jy aan my soos ek aan jou?
Daar is soveel wat ek vir jou wou s?
maar die woorde bly net op die punt van my tong
Nou skryf ek die song en hoop jy sal verstaan
Ek wil slaap maar gedagtes van jou bly maal deur my kop
Voel jy dieselfde, is jy dalk my eerste helfte?
KOOR
Ek weet, my skat, jou opsies l? op die tafel oop
Jou toekoms l? voor
Ek vra gee my net een kans
Wat het ons om te verloor?
Ek wil songs vir jou sing in die reën
Met jou dans in die lig van die maan
Hand aan hand stap, skemer op die strand
KOOR
Jou oë vertel ‘n duisend dinge
wat jou lippe nie s? nie
Weet jy dat daar iemand is
wat jou sal aanvaar soos jy is?
Waar ook al jy mag wees
ek bid tot ons Vader in die hemel
om jou veilig te hou
Dat Sy wil mag geskied
Is jy dalk die een?
Ek gaan eerder deur die lewe alleen
as sonder jou
S? vir my wat s? jou hart vir jou?
Sal ons paaie weer kruis?
Kry jy soms die gedagte of ek jou nog sal kan onthou?
Wel jy weet jy sal nooit vir my soos ? vreemdeling wees
Ek hoop ons paaie sal eendag weer kruis
Iewers langs die lang stofpad
sal ons mekaar kry
Terwyl jy saggies saam met die wind fluister
jy was nog altyd lief vir my


