Sal jy regtig kom?
vroeg in die oggend tot laat die aand
Daar is nie ? minuut of sekonde
wat my gedagtes van jou afdwaal
Miskien is dit net my simpel manier
van sê dat ek jou graag hier wil hê
My gedagtes oor jou draai soos ? wiel om en om
Van een ding tot ? ander, maar wat ek wil sê
REFREIN:
Dit raak nou herfs, sal jy regtig kom as ek sê
dat my hart van kleur verander?
Net soos die berge, blomme, bome, blare
Sal jy kom as ek sê, dat ek jou graag hier wil hê
Sal jy regtig kom?
Daar was eens ? tyd van verlange na jou
maar dié het verdwyn saam met die reën
Heeldag en aldag dink ek aan jou
Jy bly my son, maan en my wind
Om jou hier te kry is ? mission vir my
Een ding wat my hart net nie wil veg
Waar is my lewe, liefde en maat
sal jy my ooit vergeet of kom jy terug?
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


