Sal jy my sê
As jy my nie meer wil hê
Vra ek dat jy my gou sal sê
Voor ek my drome met jou deel
En al my woorde jou verveel
As jy my nie meer wil hê
Sal ek weer opstaan, nie gaan lê
Want daar’s ’n sonskyn-nuwe dag
Wat vir my wag
Koor
As jy my nie meer wil hê
As jy my nie meer wil hê
As jy my nie meer wil hê
Sal jy my sê
As jy my nie meer wil soen
En nie meer gunsies vir my doen
Ons anniversary vergeet
Daar’s nooit meer blomme by die deur
As jy my nie meer wil soen
En my nie darling, baby noem
En jy gevoelloos langs my lê
Sal jy my sê
Koor
As jy my nie meer wil hê
As jy my nie meer wil hê
As jy my nie meer wil hê
Sal jy my sê
As jy nie meer met my wil dans
Soos ons gedans het elke aand
Met jou lyf hier styf teen my
En jou arms om my sy
As jy nie meer met my wil dans
En dis die laaste wals vanaand
Vra ek dat jy my gou sal sê
Waar jou liefde lê
Koor
As jy my nie meer wil hê
As jy my nie meer wil hê
As jy my nie meer wil hê
Sal jy my sê
Brug/Slot
As jy my nie meer wil hê
Is daar tog niks wat ek kan sê
Jy was goed gewees vir my
Al het ons af en toe gestry
En as jy my nie meer wil soen
Wat kan ek immers daaraan doen
Die liefde kom en gaan verby
Dis net onthou wat agterbly
As jy nie meer met my wil dans
Jou eie hart nie kan verstaan
Dan sê ek maar koebaai
Koebaai my love, koebaai
![]() |



