"Sal jou nooit vergeet" deur Jeremy Bezuidenhout

  • 0

Sal jou nooit vergeet

Ek staan voor my venster en kyk uit na jou
Ek sien jou in die wolke, die oggend dou
Hoekom moes jy weggaan, ek mis jou al hoe meer
Wie gaan jou nou vashou en jou trane afvee?

Waar is jy nou oe, oe, oe
Is jy alleen?
Ek mis jou so baie
soos ? boer die somerreën

REFREIN (x2):
Ek mis jou like crazy
My baby, jy weet
Ek sal jou nooit kan vergeet

Ek lê hier in my bed, en dink weer aan jou
hoe jy skrik in scary movies en jou oë toehou
Ek mis jou sexy glimlag, die glinster in jou oë
Jy het my hart gesteel, my deurmekaar getoor

Waar is jy nou oe, oe, oe
Is jy alleen?
Ek mis jou so baie
soos ? boer die somerreën

REFREIN (x2)

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top