Sondag, Sabbat,
God se dag,
Opgee-dag,
Doodgaan-dag.
’n Oorgee-sprong
Gebreek op ’n teerpad
In die skadu van ’n brug
Geblomde kerkrok skeefgetrek
Kind-vashou-arms uitgestrek
Bleek enkels, weerloos
Skoene half uitgeskop
Wat het jou brug toe gedryf?
En oor …
Wat het jou laat spring?
Met lewe druisend onder jou voete
Wat was jou oorgeepunt?
Op hierdie warm Sondagmiddag
Wat laat jou nou ’n einde eis
Te midde van ons reis?
In die middel van die stadige laan
Sondagmiddag-blues se einde
Genesing vir die seer

