SA se wonderlike mense ...

  • 0

Ek lees die storie van die verdwaalde dametjie van Portugal wat op pad na Kimberley toe sommer opeindig in Maseru!

En hoe almal haar met raad en daad bygestaan het!

Net in SA!

So lees ek:

“Ek was erg benoud, maar het net heeltyd geglo alles sal goed verloop.”
Nadat sy deur ’n verlate grenspos in Lesotho gery het, het sy meer as een keer teëspoed gehad, maar vriendelike burgers van die Bergkoninkryk het haar elke keer gehelp. Sy het Sondagoggend uit Kimberley na Ficksburg vertrek. Sy wou ’n vriend daar ontmoet wat saam met haar sou reis. Sy het egter verdwaal en daar was nie ’n selfoonsein nie.
Haar gehuurde Ford Figo het egter in ’n donga beland. Sy het drie uur lank gestrand gesit.
“Ek het besluit om alleen deur Ficksburg na die grenspos te ry. Dit was ’n aaklige grondpad. Die grenspos was verlate, toe ry ek deur.
“’n Vriendelike polisieman het opgedaag en my gehelp.
Dit het later baie donker geraak, maar ek het verder gery.
Teen 01:00 het ek by ’n hotel in Mokhotlong aangekom. Ek was só dors en verlig om ’n bed te kry.”
Sy is die volgende oggend vort. Teen laatmiddag het haar motor ’n pap band gehad.
“Sowat 20 mense uit die omgewing het uitgekom en my dadelik gehelp. Ek weet nie wat die plek se naam is waar ek Maandagaand geslaap het nie.”

Waar in die EU bv of enige plek in die Weste gaan mense jou so help?
Veral as jy nog ’n land onwettig binnegaan boonop, dan is die tronk, weke lange ondervragings en waarskynlik Guantanamo soort van folterings jou voorland, maar in Lesotho?

Haar paspoort is dadelik gestempel en sy kon rustig ry Kimberley toe, net die SAP het haar 4 keer afgetrek omdat sy as vermis aangemeld is!

Dis my soort land die, SA en Lesotho, vat julle maar NZ, OZ en die EU ... los SA vir die ware mens-mense ...

Francois Williams

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top