Volgens die Global Gender Gap Report is SA nou die 14de beste plek ter wêreld vir vroue om te werk, effe af van laas jaar se 12de plek af, maar nietemin, nie sleg nie, veral as mens in ag neem dat SA 20 jaar gelede seer sekerlik nie eens die top 200 sou gehaal het nie, nou druk ons op na die top tien toe, en wie moet ons bedank?
Ja, dis korrek, die ANC, nes baie ander dinge ook.
En kyk hoe pragtig rank Lesotho!
En natuurlik die Filippyne ook, vrouens wat gegrond is, met die voete stewig op aarde, en die stang goed vasgebyt, maar waar is die wonderlike witte land van die Weste dan?
En nee, ek praat nie van die Nambië-bambi state van Skandinawië nie ...
Francois Williams

