SA Akademie: Hulde aan die nagedagtenis van dr Neville Alexander

  • 0

Mediaverklaring

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bring hulde aan die nagedagtenis van dr Neville Alexander.

Die SA Akademie het met leedwese kennis geneem van sy dood en simpatiseer met sy naasbestaandes en vriende wat hierdie verlies nou en in die toekoms moet verwerk.  Die groter gemeenskap sal ook die gemis ervaar van hierdie besondere mens.

As leier op ondermeer onderwys- en taalkundige gebied, het Neville Alexander groot invloed uitgeoefen.  Sy ywer vir die erkenning van meertaligheid het ook bygedra tot respek vir Afrikaans.  Die sterk fondament wat hy gelê het deur lesings, referate en talle optredes as spreker by ’n verskeidenheid van geleenthede sal verseker dat die nageslag hom ook in die toekoms sal eer.

Dr Dion? Prinsloo
HUB van die SA Akademie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top