Só is jy my lief
Só is jy my lief
Soos haarsny 'n nuwigheid na vore bring
Die snoei van die wingerd voor die lente kom
Nuwe gesiggies voor die opkoms van die son
Die rietsanger uit volle bors vir ons van liefde sing
Ja, só is jy my lief
Só is jy my lief
Soos wakkerskrik vir ons 'n nuwe dag inlei
Sneeumanne ons vertel van die winterglorie
Ons luister na die geselsstorie van die loerie
Waar vet karakoelskape onder Kareebome wei
Ja, só is jy my lief
REFREIN:
Só is jy my lief, as ons saans gaan skapies jag
Só is jy my lief, met jou klokhelder skaterlag
Só is jy my lief, uniek, enigste roos in sy soort
Só is jy my lief, dat jou liefde aan my behoort (x2)
Só is jy my lief
Soos die lotus oopgaan onder die silwermaan
Die reënboogskadu van die Niagara-waterval
Waar die rooipootvalk op triestige wind gaan
4 Julie feeste in Amerika afskop met 'n knal
Ja, só is jy my lief
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


