Beste Hans en Maggie
Hans, ek's uit die veld geslaan oor jou interessante skrywe oor misdaadvrye plekke soos my geliefde Waterval-Boven, Silver Falls en Alkmaar in die ongerepte natuur, wat ek ook as kleinode beskou en gereeld besoek, saam met regte bobbejane en mambas.
Maggie, jy het per ongeluk my pos misplaas. Wil jy dit nie regstel en op die regte plek plaas nie?
Dit was my skrywe oor ons president Zuma, oor wie jy ook eergister geskryf het, toe jy die sluipmoordpoging teen hom genoem het. Ek sal jou graag daarop wil antwoord, want president Zuma is ’n baie belangrike en spesiale persoon!
Maggie, terwyl ek aan jou skryf, die volgende. Jy weet ek hou baie van Francois Williams se skrywes en syne is ook my natuurlike skryfstyl, maar glo vas dat ek so tevergeefs sal skryf!
Francois hou so aan al reageer ek of ander nie altyd nie – In my opinie kan net jy so skryf.
Groete
Ran Doodt
Ran, ek het geen idee waarheen daai brief verdwyn het nie, maar ek plaas hom hier onder. Dankie vir jou getroue antwoorde op my briewe hoor! – Maggie

