Ruimtedier
Binne ? tronk van vlees
gebind in die hier
Voel hy verwerp en verneder
die ruimtedier
Verpas in sy soektog
na die sterrevolk
Ontneem van sy derde oog
om waarheid te vertolk
Hy beplan sy ontsnapping
hoe hy die wapen sal streel
En sal transformeer
in ? ster soos ? juweel
Hy stop tyd
Ligjare lank loop hy sy koers
deur grafsteenheuwels na planete verwoes
Sien Marskanale, leer dooie tale
Niks maak sin nie, alles is dood
Hy begin tyd
Hy word weer gebore
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


