Rugby – ’n stelling

  • 1

As ek na die lede van die Springbokspan kyk, wil-wil ek amper na PdV verlang.

HM klou nog aan die agterosse soos Morné, Bryan en Zane wat nie vir ’n oorwinning Saterdag sal sorg nie.

My stelling is: Bogenoemde drie spelers is die mees voorspelbare en vervelige spelers in die posisies wat hulle beklee in vergelyking met ander internasionale spelers in dieselfde posisies.

Party ondersteuners noem reeds Bryan "Dwarrel". Baie wind en stof, maar geen skade word aangerig nie.

Laaste opmerking. Ons span mis vir Bismarck en Heinrich vir passie onder die voorspelers.

Enjee

  • 1

Kommentaar

  • 50-60 jaar gelede, is al die pos wat deur Staatsdepartemente gepos is, in koeverte wat kakiekleurig was met die volgende endossement in hoofletters bo-aan die koevert : OHMS of in Afrikaans IDVSM. Dit was ampelike pos en geen posseels is daarop geplak nie. [OHMS - On Her/His Majesty Service].

    Dit lyk vir deesdae lees dit ook, ver sover dit Springbok rugby betref, OHMS, On Heyneke Meyer Service. Laat los my uit, dis my probleem.

    Enjee

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top