Rugby en respekte vir SA Afrigter?

  • 3

Heynicke Meyer, die nuwerige SA afrigter, het merendeels oor en oor bewys wat hy van rugby weet. Inderwaarheid het hy sy voorganger laat uitstyg in vergelyking.

Kyk! Sowat van hardkoppige, muilse vasbeslotehied om jouself oor en oor verkeerd te bewys kan net uit die Boerenasie voortspruit!

Toe HM by Pietie oorvat toe weet ek al by voorbaat HKGK! Dis geen wonder die hele Vrystaat-rugbyspan draf nou al vir die BB uit nie! Hoe anders kom jy in die Bokkie Bloes-blouspan? Soos Napoleon sou geseg het, "Die pad na die Bokspan lei deur die BB-span." Almal weet dit ...

Darem een enkele goeie ding om te seg ivm HM ... die man was bitter-bitter ver verkeerd oor Heinrich Brüssow, met sy aanvanklike weiering om hierdie Bul-Vrystater te kies ...

Jaak, die ABs en die manne WEET dat Brüssow is die beste ter wêreld, en dis ietsie wat HM nou vervaard besef hier teen die einde van sy loopbaan ... want sonner Brüssow gaan sy BB-Bokspan teen kwarteindrondte reeds lemoene suig op die laaang vlug terug SA toe ...

  • 3

Kommentaar

  • Ek stem saam oor Brussow; die man is 'n yster.
    Jy was taamlik geniepsig teenoor die Duitse sokkerspan en daar wen hulle toe die wêreldbeker en van toe af is jy stil soos 'n kerkmuis.
    Lyk my jy het dit darem nou verwerk, vandaar jou verskyning weer hier.
    Jan Rap

    • francois williams

      Duistrers is die grootse verneukers en verneuk is vervelig ... wat's daar dan om te seg nog?
      Vrystaat vat die jaar die Koppie ... terwyl die Bokkies uit die bus gaan val ... nie eens Brussouw kan hulle red nie ... waar is Super Sarel altemit?

  • Ek sal in my noppies wees as Vrystaat die koppie vat.
    Almal is seker verneukers maar die Engelse is baie, baie, BAIE groter verneukers as die Duitsers.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top