Rooiwynvlekke
Ek onthou nog die Noordwes
en proe jou in my herhinneringe
Ruik jou op my kussings
En die rooiwynvlekke van jou lippe
Ek onthou die laaste dae
Jy wat met jou tone kringe verf
in die loop van ons Sondagrivier
En die rooiwynvlekke van jou lippe
En saans by ons plek
waar alles begin en geëindig het
Sou jy ons ouderdomskringe ets
uit die grein van die tafel
En die rooiwynvlekke van jou lippe
Ek verbeel nog ek sien jou vingermerke
tydens skemer op berge
Daardie wat sou plak teen my wynglase
voor die kers verdwyn
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


