"Rooiwyn Dame" deur Randall W. Thieras

  • 0

Ek vra myself wat is die lewe
Sonder die een wat jy na strewe
Wat jou vas kan hou, wat jy met als vertrou
Jy soek die een wat jou sal liefhê
Die een wat jou nooit sal begewe
Deur dik en dun tot einde vanaf begin

Maar toe ek jou sien het ek geweet
Dat jy die een is wat ek my alles mee wil deel

Refrein:
Want jy’s my rooiwyn dame
Ek sal jou heeldag aanskou
Met oë so blou soos ligweerstrale
In die nag horison
Jou siel vertel van diep verhale
Dit van liefde, berou
Ek verbeel my nie ? dag meer sonder jou
Sal jou vir altyd by my hou

Jy ondersoek tog my gewoontes
Jy ken my in en uit behoorlik
Deur elke bui staan jy nog steeds by my
Nee, daar's geen vraag of jy my liefhet
Jou aksies spreek tog sonder woorde
Ja, elke dag styg ons van krag tot krag

En toe ons op die struikelblokke trap
Sien ek die jy in jou
Wat ek mee wil trou

Refrein

Brug:
Weerkaatsings van ons lewe sien ek in my drome nou
In die stilte van die nag sien ek vir jou
Die broos trant van die lewe bedreig ? toekoms saam met jou
Maar dit skrik my nie af
Ek sien ? more saam met jou, saam met jou

Refrein (x2)

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top