... Dit is melktyd op die plaas
netnou huppel die kalwers vry oor die veld
maar hier, die skor gemor van bandiete en blikborde wat raas
as hulle sing van slappap en flou poeiermelk
Halt, nie ’n tree verder gaan
die drade, elektries gelaai
laat jou stom stilstaan
en jy moet omdraai
Omdraai, na wat –
’n sel met diefweer vensters
’n Potplant, jou duurste skat
en jou hart op die vuil vloer, flenters!!
Hulle het aan die rowe gekrap
wat tyd probeer heel
maar agter seldeure, toegeklap
kan wat gebreek het, nooit weer heel.
Ran Doodt

