Rooi Daantjie se manewales – vir Jan Rap

  • 0

Beste Jan

Hiermee my relaas oor Rooi Daantjie en die se manewales, wat my hom laat minag.

Die man in sy vroeër jare, eers liberal, ontduik weermag opleiding, wyk uit na Frankryk terwyl mede-Afrikaners in Angola sterf. Kom terug, word ’n “turncoat” skyf oor- na die teenoorgestelde spektrum van die politiek, nl. gekkegrens-regs. My vraag. Ons was in oorlog teen die terroriste betrokke. Is sy optrede nie gelykstaande aan verraad, drosting, wat in ’n oorlogsituasie die doodsvonnis verdien het nie?

Sy beheptheid met die Engelse asof daar ’n voortsetting van die tweede Engelse oorlog aan die gang is. Sy stelling dat die ANC marionette van die Engelse is, stellings sonder feitlike bewyse; insinuasies dat die Engelse nog steeds agter alle anti-Afrikaner sentiment sit.

Sy onvermoë om te bepaal of om te besluit waar ’n Afrikaner-volkstaat hom gaan bevind, een van sy belaglikste voorstelle in die moerasse van een van die Duitse deelstate.

Sy fiasko by die lughawe waar hy geheul het “ons soek ons volkstaat” en hy met sy eie woorde deur die swartes jouende uitgekoggel is.

Met die eerste groot optog deur swartes na die Uniegeboue rakende dienslewering, opgewonde geskree dat die Afrikaner-volkstaat is op hande, die swartes gaan die aan die Afrikaner voorsien. Hy het selfs lus om hulle toe te spreek, die verwaandheid om te dink hulle sal enigsins belangstel om na hom te luister

Sy voortdurende aanval en skelwoorde op mede-Afrikaners, welke skelwoorde deur sy volgelinge tot vervelens ook herhaal word. Hierdie tipe woorde het ’n handelsmerk van Praag en die se gesante geword.

Sy jarelange vete teen Tim du Plessis, en nou deel hy Tim se sentiment dat AfriForum die Afrikaner in die verleentheid plaas met die se voortdurende hofsake teen Malema, terwyl hy self in ’n praatsiek “mode” verkeer, sonder self enige daadwerklik positiewe bydrae van sy kant ten gunste vir die Afrikaner, selfs nie eers vir sy eie paar honderd volgelinge nie.

Onlangs geskryf hy is gatvol vir die Orania-volkstaatkonsep wat hy as onhaalbaar bestempel, maar hy is ten gunste van kantonne soortgelyk aan Orania. Hy self kon geen haalbare geografiese Afrikaner-volkstaat voorstel nie.

Sy illogiese redenasies, veral rakende swart arbeid, en die weerhouding daarvan in ’n voorgestelde gebied sal ’n outomatiese Afrikaner meerderheid voorsien.

Sy statistiese voorstellings asof die feitlik is in kras teenstelling met RSA statistiek se wetenskaplike syfers. (Terloops my navorsing van statistiek RSA was nie vir die hele land nie, soos jy gevra het nie, maar met elke metropool afsonderlik binne sy voorgestelde Pretoria tot PE volkstaat, waar hy gesê het Afrikaners vorm 40% bevolking en Statistiek RSA het gemiddeld 18% Engelse en Afrikaners gesamentlik binne dieselfde gebied.)

Sy omgang met oorsese Neo-Nazi, soos bv die groep in Swede wat hy besoek het, wat ’n siening deur anti-Afrikaners gehuldig word dat Afrikaners basies ’n Nazi-klap weg het, onderskraag.

Hy praat van demokrasie terwyl hy self nie ’n demokratiese aangestelde leier van sy eie beweging is nie.

Hy tree op asof hy ’n profeet is met verskeie voorspellings rakende die Afrikaner, en sy volgeling, gelees aan hulle reaksies, op elkeen van sy belaglike rubrieke, in die ene vervoering verkeer.

Ag ek kan in hierdie trant tot vervelens toe voortgaan. Maar Jan as jy nie my redes vir minagting van Rooi Daantjie in bogenoemde kan gewaar nie, dan bly jy maar siende blind, welke siekte ek geen genesing voor te vinde het nie.

Jaco Fourie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top