Ronel en Asjera

  • 0

Ronel

Weer tyd vir die Ronel-faset om uit die sluimering te ontwaak om vir Cornelius in die bres te tree? Dit is só deursigtig, maar ek laat dit daar. Dit is nie meer belangrik nie. Daar is ’n ander aspek wat aangespreek moet word.

Vir wat dit werd mag wees vir wie jy ook al is – jy sê vir Tant Alie: “Ek onthou goed hoe jy my ook staan en preek het oor ek my dogtertjies sekere dinge vertel, soos die Asjera Meermin. Wat daarmee fout is weet ek ook nie. Nou, laat ek jou vertel, ek en my kinders het gereeld rituele waar ons die Here prys. Ja, jy kan my nou maar kom oordeel en sê dat ons mites inbring, maar dit is hoe ons die ding doen … Ons het wierook gebrand en al die kids en hulle maats het in die huis saamgetrek. My dogtertjie speel klavier, en ons het in ’n kringetjie gesit en liedere gesing vanuit die ou rooi Jeugsangbundel. Vir ure het ons gesing en geprys en gemediteer, alles ter ere van die Here.”

Ek moet sê dat dié storietjie vir my te dik vir ’n daalder is. Ek het ernstige bedenkinge dat jou “dogtertjie” aaneen “vir ure” sal kan klavierspeel uit die sangbundel. ’n Tipiese Cornelius-storie, wierook en al.

Maar gestel dit is waar (wat ek betwyfel) … dan sê ek vir jou dat, as so iets hoegenaamd werklik gebeur het soos jy beweer en daar was regtig kindertjies wat kom sing het, was dit maar bloot ’n geval dat die kinders maar die samesang geniet het, Asjéra-meermin en al (jy sê mos dis hoe dinge daar by jou gedoen word – weet die ander ouers van die betrokkenheid van die afgod Asjéra by julle “rituele”?) Ek dink nie jy moet probeer om die Gees hierby in te sleep nie – Die Gees sal nie teen Sy Eie Woord gaan nie – kom ek herinner jou aan wat jy met die onskuldige kindertjies doen – jy sleep die okkulte in (die Asjéra, godin van seksualiteit en fertiliteit) welke afgod tipies met ’n fallus vereer word (1 Konings 15:13; 18:19; 21:7; 23:4-7). Want God het ’n hekel in die “verering” van Sy Naam saam met afgode en Hy sê dat Hy dit verwerplik vind (Sefanja 1:4-5), want in die proses wat jy daar bedryf op jou eie getuienis, sweer jy kamstig trou aan die HERE, maar vereer terselfdertyd vir milkom (of Asjéra).

Waarom gaan jy teen God se Woord en dan kom sê jy nogal dat die Heilige Gees daarby betrokke is?

Hierdie is omtrent al die vierde keer wat ek jou daaroor waarsku … en om dan te beweer dat die Heilige Gees van God betrokke is, is verregaande en dodelik lasterlik.

En terloops. As jy werklik ’n Christen of gelowige was soos jy beweer, sou jy in die Gees weet dat Tant Alie ’n opregte gelowige is, na wie se raad jy seer sekerlik met goeie vrug kan luister, en as jy werklik agting had vir jou eie geloofsbelydenis, sou jy nie die Gees en ’n verfoeilike afgod saam probeer aanroep het nie en sou jy die Woord absoluut ag en respekteer, maar nee ...

Uiteraard sal Cornelius nou weer te verlede trek – jy is na alles mos maar hy, of hoe?

Kobus de Klerk

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top