Robinson Regstreeks, Woensdagaand, 11 Julie 21:00–21:30 op KykNet
Volgende week is dit Nelson Mandela se verjaardag – die man wat allerweë die simbool was van die hoop vir die oorbrugging van die geskiedenis se diepgroewe van vrees en verwagting.
Die man wat in die laat tagtigs ‘n katalisator was van die proses om die gesprek aan die gang te kry tussen die ANC en veral Afrikaners, is vanaand ons gas: Prof Willie Esterhuyse.
Hy is ‘n filosoof en deesdae deeltydse dosent in etiek aan die Universiteit van Stellenbosch se bestuurskool.
In sy nuutste boek, Eindstryd, vertel hy van die geheime gesprekke. Hy takseer ook in hoe ‘n mate die drome van destyds deesdae neerslag gevind het in die praktyk.
Sluit by ons aan.

