Robinson Regstreeks: Vrouemaand

  • 0

Robinson  Regstreeks,  Woensdagaand, 8 Augustus, 21:00–21:30 op KykNet

Robinson Regstreeks, nou in ‘n nuwe tydsgleuf, 21:00 op ‘n Woensdagaand.

In hierdie program vier ons  vrouemaand.

Ons praat met rolmodelle en vroue wat inspireer.

Ons ateljeegaste, Santie Botha, ‘n besigheidsvrou van formaat, Amore Bekker, gewilde radio-aanbieder van die middagprogram op RSG, en ‘n onderwyseres, Marina Lotter, oor kwessies wat jong meisies terughou. Hulle praat oor hoe vroue die beroepswêreld vandag beleef.

Ons hoor wat hulle motiveer en hulle gee raad oor hoe vrouens hulle volle potensiaal kan bereik.

Sluit by ons aan.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top