Robinson Regstreeks Sondagaand 12 Februarie
19:30 – 20:00 op KykNet
Die meeste van ons het ’n oneindige stryd teen daardie vetrolletjies wat net nie wil weg nie. Navorsing toon dat twee uit elke drie Suid-Afrikaners oorgewig is en dat ons die derde vetste nasie in die wêreld is.
Hierdie week gesels ons met professor Tim Noakes, sportwetenskaplike wat onlangs sy filosofie oor dieet handomkeer verander het, en Simoné du Toit, Suid-Afrika se voorste gewigstoter, wat 46 kg verloor het deur haar dieet te verander en harde oefening. Kom kyk wat is hulle geheime.
Sluit by ons aan.

