Robinson Regstreeks: Skuld

  • 0



Robinson Regstreeks 
Sondagaand 19 Februarie
19:30 – 20:00 op KykNet

Suid-Afrikaners skuld die land se bankinstellings altesaam R1,27 miljard en betaal 75 persent van hul salarisse uit aan skuld.

Dis gewoonlik daardie ondeurdagte aankope wat jou finansieel op die afgrondpad sit en jou in die skuld dompel. Hoe gemaak as jy groot skuld het?

Ons hoor persoonlike stories waar dinge skeefgeloop het, praat met Linette Retief van Rapport oor haar eie skuldervaring en die boek wat sy geskryf het. Ons kry ook praktiese raad by ’n skuldberader.

Sluit by ons aan.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top