Robinson Regstreeks Sondagaand 11 Maart
19:30 – 20:00 op KykNet
Die wreedaardige slagting van renosters het die afgelope jaar met 34% toegeneem.
Ten spyte van voorstelle, betogings en planne om renosterstropery te stop word meer as twee renosters per dag vir hulle horings geslag.
Renosterhoring verkoop teen ongeveer 40 000 dollar per kilogram en word in China vir sogenaamde medisinale eienskappe gebruik.
In die Krugerwildtuin is 252 diere verlede jaar gestroop. Ons vra wat moet gedoen word om die gewetenlose stropersindikate te stop.
Ons wil sensitiewe kykers waarsku dat die beeldmateriaal ontstellend is en ’n ouderdomsbeperking van 13 het.
Sluit by ons aan.


Kommentaar
Die slagting van renosters is wreed, veral as die doel hul horings is. Bly om te sien daar word ordentlike ingeligte beprekings rondom die onderwerp gevoer.