Robinson Regstreeks Sondagaand 29 Januarie
19:30–20:00 op KykNet
Robinson Regstreeks, nou in spitstyd op Sondagaand 19.:30
Vanaand kyk ons na skole, met die klem op taal en toelating. Wie besluit en hoe kan dit die kwaliteit van onderrig beïnvloed?
Sluit by ons aan.


Kommentaar
Geagte Mnr Robinson,
Ek is 'n gereelde kyker na u program Sondae, maar ek kon nie glo dat u nie iemand gekry het wat daardie Afrikaanse dame se nonsens dat apartheid nog na twintig jaar verantwoordelik is vir die gemors waarin die onderwys tans in is, kon teenstaan nie.
Wie het die Onderwyskolleges afgeskaf? Wat het Fort Hare opgelewer tydens daardie "gruweltyd"? Moet nou nie sê dat daar geen ordentlike onderwysers was nie. Waar het Gerwel, Jansen en dies meer vandaan gekom?
Ek is gatvol dat ons vir al die ANC se twak moet pa staan.
My vennoot is 'n Zimbabwiër. Hoogs intelligent en met 'n goeie opvoeding, soos hy sê "'n lokasie-opvoeding." Volgens hom was daar geen verskil in die akademiese standaard tussen elite-skole en die in die arm woonbuurte nie. Hoekom nie, want ondanks Mugabe se tekortkominge het hy vir die belangrikste gesorg, naamlik opvoeding vir die jeug en self vir die ouer mense.
'n Baie liberale aangetroude familielid het onlangs in Oos-Londen-omgewing gaan skoolhou en toe sy 'n uitlating maak dat sy graag swart kinders in die Transkei wil gaan help, het 'n swart kollega haar laat verstaan dat dit is nie wat die ANC wil hê nie, want die gepeupel moet onkundig gehou word want dan kan hulle beheer word. Klink dit nie so 'n bietjie na die Stalin en Moa maniere van dinge doen nie?
In so 'n program verwag ek nie sulke uitlatings van intelligente mense nie en ek verwag darem dat jy soos Waldimar Pelser (wie se program verwyder is) jou ruggraat sal wys.
Laat ons nou nie mekaar bluf nie. Dit is Afrika en dit is weer bewys met die Onafhanklikheidsdag se viering op Keetmanshoop toe die Minister van Sport, Jerry Ekando 'n spul leuens kwytgeraak het. Kyk of jy die The Namibian van 26 April kan lees.
Het jy geweet dat die mense (swartes) van Namibië nooit gehoor het van die Rwanda-slagting nie tot eers tien jaar nadat gebeur het?
Ons hier in Namibië is stadig besig, net soos by julle om alles te nasionaliseer. Of sal ek dit reguit sê: ons is op pad om kommunistiese regimes te word.
Groete
Dirk Bindemann