Robinson Regstreeks, Woensdagaand, 20 Junie 21:00–21:30 op KykNet
Dr Louis Luyt was president van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie toe die Springbokke die Wêreldbeker in 1995 gewen het. Hy’t vir homself naam gemaak as rugbyster en daarna as rugby-administrateur, sakeman en politikus. Ons gaan gesels met hom by sy huis in Ballito aan die Noordkus van KwaZulu-Natal. Hy word 80, en kyk terug op sy flambojante en soms omstrede loopbaan.

