Robinson Regstreeks Sondagaand 26 Februarie
19:30 – 20:00 op KykNet
Uitsprake oor grondonteiening en nasionalisering, en teenstrydige syfers oor hoeveel grond herverdeel is, laat emosies opvlam en bedreig voedselsekerheid.
Dit was vandeesweek duidelik toe dr Pieter Mulder, leier van die VF+ en adjunkminister van landbou, die stof opgeskop het met sy stelling dat daar sterk bewyse is dat Bantusprekende mense nie aanspraak het op tot 40 persent van die land nie, omdat hulle histories nie in die Wes- en Noord-Kaap gewoon het nie.
Wie se grond is dit, en op grond waarvan?
Sluit by ons aan.

