
Robinson Regstreeks
Woensdag 23 Mei
21:00 – 21:30 op kykNET
Grondbesettings in Zimbabwe: Wat doen jy as jy jou plaas en alles wat jy besit, oornag verloor?
Veg jy terug en wend jy jou na die howe in die hoop dat reg en geregtigheid sal seëvier? Of maak jy soos Henry Jackson, ‘n boer van Gweru, Zimbabwe, wat wêreldwyd opslae gemaak het toe hy onlangs sy plaas oorhandig het aan die besetters wat hom wou afjaag in ‘n poging om versoening te bewerkstellig?
Zimbabwe se grondhervormingsprogram is rampspoedig. Dit het ‘n welvarende landbou-ekonomie vernietig. Pres Mugabe en sy familie, daarenteen, is 49 plase ryker.
Hierdie week vertel twee Zimbabwiese boere hoe hulle hierdie emosionele kwessie beleef.
Sluit by ons aan.

