Robinson Regstreeks Sondagaand 13 November
20:00–20:30 op KykNet
Robinson Regstreeks, nou in spitstyd op Sondagaand 20:00
Taal is ’n saak waaroor emosies soms hoog loop.
Die drastiese afname in Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch is die dryfkrag agter die eis van ’n groep besorgde jonger-geslag Maties en burgerlike organisasies dat Afrikaans op dié kampus van uitwissing gered moet word.
Ons gesels met oud-Maties wat ’n mosie van wantroue steun teen die US-bestuur se hantering van Afrikaans en hoor ook van die rektor, prof Russel Botman, wat tans die stand van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch is.
Sluit by ons aan.

