Rivierstrome
Ek wens ek kon vir jou sê
van die leemtes wat orals in my lê
Maar ek hou vas
aan vergete drome
Modder besmeerde oewers
wat my dwing om in stilte te ly
REFREIN:
Rivier, rivierstrome
kom reinig my van al my smart
So vloeiend sonder rigting
sien ek uit na nuwe dinge
wat vir my wag
Want al die skoonheid rondom my
vul my met hoop en nuwe krag
Drenkeling sonder rigting
waarheen wil jy gaan?
Wil jy vlug na die maan?
Maar jy's 'n gevangene
in boeie vasgeslaan
Daar kom ? tyd
vir jou om weer te lewe
En al die barse binne jou
om vir altyd toe te groei
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


