|
Restless Nation: Making Sense of Troubled Times Die bekende politieke kommentator William Gumede takel brandende kwessies in dié versameling rubrieke, waaronder swart ekonomiese bemagtiging, swak dienslewering en die bedreiging van ons demokrasie.
Hy is uitgesproke oor korrupsie en die “bling” kultuur wat in die politieke en sakewêreld posgevat het. Hy skryf die probleme wat die land konfronteer onder meer toe aan ’n gebrek aan politieke wil by die ANC en swak leiding deur president Jacob Zuma. |


