Reëntyd
Vir dae skroei die son al neer
Dan oombliklik dreun die donderweer
En voor die veld kan ophou kreun
ontplof die stof van druppels reën
REFREIN:
Hoe hard
Hoe bar
Hoe genadeloos
Net so skielik sal die nat kan troos
En die woestyn begin lag en dans
as elke seer ook af sal was
Ek voel nou skielik beter
My gemoed kry nuwe krag
Ek maak my oë toe
en asem diep
? Glimlag breek my stilte
Met selfvertroue glo ek nou
jy sal my hoop nie breek nie
Al voel die las nog swaar
jy kyk nie op my rug nie
REFREIN
Dis hoekom jy my oog kon vang
soos springbokke na reën verlang
So soek ons almal na die een
met ? goue hart so skoon soos reën
Ek tel die dae
die myle terug
sodat ek kan kom vertel
Want ek besef dan nou
al was ek wat, dit is afgewas
Wie ek nou is
is wat tel
REFREIN
Soos die bos sy dors met reën vergeet
sal jy my nie aan gister meet
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


