Dit reën heerlik in Gauteng. Sagte deurdringende reën.
Skielik lyk dit of tuine nuwe lewe gekry het. Riviere en strome is vol, en voëls hou ’n fees op grasperke want daar is ’n oornaat wurms.
En die vraag duik klokslag op – wat is die beste reën-liedjie. Betty Comden en Adolph Green se “Singing in the Rain”? Brooke Benton se “Another Rainy Night in Georgia”. Die treffer uit die jare sewentig; “Have You ever Seen the Rain” … of daai tannie se “Kaalvoet in die reën”.
My gunsteling na ’n lang getob is “l Hear Laughter in the Rain” deur Paul Anka.
Yuri
Goeie vraag Yuri. Wat is die ander SêNetters se gunsteling-reënliedjies? Ian Hunter se “Rain” is bo-op my lysie. – Maggie

