Reguitpraat

  • 5

Fotobron: Canva

Jy't ’n skuiwergat
vir nekomdraai
by die agterpad
se hek gekry.

Jy't jou afpaktas
vol hoop gelaai,
’n oog gesluit
en deurgery.

Jy't ver gekyk
en wyd gesoek,
maar niemand
het jou ooit gesê.

Dat reguitpraat
se storieboek,
die plek is 
waar die waarheid lê.

 

  • 5

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top