Red die wêreld teen 13 April: wenner aangekondig

  • 0

Was die wasgoed met die koudste moontlike water. Hergebruik plastiekbottels. Skakel die lig af.

Ons almal ken teen dié tyd die voor die hand liggende "groen" wenke. Maar Peet du Plooy skryf in sy artikel "Volhoubaarheid – verskillende dinge vir verskillende mense" oor meer as net die mens se impak op die natuur:

Om op ’n punt te begin: “volhoubaarheid” beteken verskillende dinge vir verskillende mense. Vir omgewingsbewustes beteken dit om nie uitputbare bronne vinniger op te gebruik of te besoedel as wat dit vervang of deur natuurlike prosesse skoongemaak kan word nie. Vir ekonome beteken dit iets is volhoubaar as dit vir sigself kan betaal. Vir lede van vakunies beteken dit iets is volhoubaar as dit werk skep of onderhou.

LitNet nooi jou uit om jou "volhoubaarheidswenke" met die res van ons te deel. Jou wenke kan dus te doen hê met die natuur, maar dit kan ook gerus handel oor méér as dit – die soort volhoubaarheid wat die ekonomie goed doen. Of iets te make met werkskepping en die volhoubaarheid van ’n spesifieke tipe ambag. Kortom: kom help om Suid-Afrika se probleme op te los!

As bonus kan jy ’n heerlike boekpakkie met die volgende boeke wen:

The impact of climate change: The world's greatest challenge in the twenty-first century by Carolyn Fry.

Eco chic organic living by Rebecca Tanqueray.

Saving planet earth by Tony Juniper.

Quotable earth by Milly Brown.

Stuur jou wenke, naam en posadres aan [email protected] om in te skryf. Kompetisie sluit Vrydag 13 April. Boeke is geborg deur Exclusive Books.

Die wenner van die boekpakkie is: Norman Halder.

Lees sy volhoubaarheidswenke.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top