Recycle my
Ek loop in die gange en dra jou orals waar ek gaan
Jou gewig raak swaarder en maak al my arms seer
Ek wens ek kan jou net weggooi of dalk in repe skeur
maar dan breek alles en word die vloer besmeer
Ek hoor weer die woorde en jou irriterende stem
dat ons bymekaar hoort en jy sal altyd wen
REFREIN:
Recycle my, recycle my, want ek is soos pleister vir jou gemoed
Recycle my, recycle my, want ek dra tog al jou goed
Ek is jou plastic shopping bag, jou plastic shopping bag
Recycle my, recycle my, almal hou mos van nuwe goed
So stap ek dan maar aan en gou kry jy nog `? maat
Een, twee, drie, ek is `? shopping vraat
Ek loer na die inhoud en sien ? skeur in jou naat
en ek weet ek sal jou moet stuur dat hul jou kan regmaak
Ek weet jy was reg en dat jy altyd sal wen
en nou sal ek maar altyd luister na jou irriterende stem
REFREIN


Kommentaar
Nice en baie oorspronklik, nie gedink mens kan ’n liedjie skryf oor plastic shopping bags nie, mal daaroor!!!
Wow, dit is funky, retro en baie "original". Iets heeltemal anders. Ek sal hierna luister en dit sal my meer moed gee vir my shopping.
Ek hou baie daarvan. Vir wie het jy dit geskryf Linda?
Dit is so interessant ... het nie geweet om iets te leer sal soveel pret wees nie.