Realiteit onder ’n dekmantel
Ek is ontevrede met
die onvolmaaktheid van nou.
Gevangene is ek
van realiteit se skurwe klou.
My emosies en aksies
is onbedagsaam en rou.
Koor
Ek soek ’n hele dag.
Een net gemaak vir my (x2)
’n Hele dag … net vir my
As gebrokeling
strewe ek na die
strelende klanke van môre se
growwe stem.
Koor
Ek soek ’n hele dag.
Een net gemaak vir my (x2)
’n Hele dag … net vir my
As gebrokeling
strewe ek na die
aromatiese walms van môre se
bedwelmde gasse.
Koor
Ek soek ’n hele dag.
Een net gemaak vir my (x2)
’n Hele dag … net vir my.
As gebrokeling
strewe ek na die
volmaaktheid van môre se
gelymde dag.
Ontevrede is ek
met die onvolmaaktheid
van nou.
Onbewus is ek dat my liggie
van môre reeds verflou.
Koor
Ek soek ’n hele dag.
Een net gemaak vir my (x2)
’n Hele dag … net vir my.
Realiteitverblinding
skep illusies
en versadig my-
nét vir nou.
![]() |



